Victor Frankenstein | |
![]() | |
Victor Frankenstein vlug van sy skepping.
| |
Skepping | |
---|---|
Geskep deur | Mary Shelley |
Inligting | |
Byname | Dr. Frankenstein, Heinrich "Henry" von Frankenstein (1931-rolprent), Mal wetenskaplike, Die Moderne Prometeus |
Spesie | Mens |
Geslag | Manlik |
Beroep | Wetenskaplike |
Nasionaliteit | Switsers |
Victor Frankenstein is 'n fiktiewe karakter en die hoofkarakter in Mary Shelley se roman van 1818, Frankenstein; or, The Modern Prometheus. Hy is 'n Switserse wetenskaplike (gebore in Napels, Italië) wat, nadat hy chemiese prosesse en die ontbinding van lewende organismes bestudeer het, 'n insig kry in die skepping van lewe. Hy skep sy eie wese (wat dikwels "Frankenstein se monster" genoem word, of verkeerdelik in die volksmond bloot "Frankenstein").
Victor is later spyt dat hy deur sy skepping met die natuur ingemeng het omdat hy sy eie lewe, asook dié van sy familie en vriende, in gevaar stel toe die wese wraak teen hom wil neem. Hy word die eerste keer in die roman bekend gestel toe hy die monster naby die Noordpool wil vang en van 'n sekere dood gered word deur Robert Walton en sy bemanning.
Sommige aspekte van die karakter is vermoedelik geïnspireer deur die 17de-eeuse alchemis Johann Konrad Dippel.